Search This Blog

Friday, February 11, 2011

Review in Sarie Magazine

Making your art work, Ann Gadd (Create Yourself Publications, R180)
Hierdie is ‘n baie praktiese gids van alles wat jy moet weet, as jy geld uit jou kunswerke wil maak. Ann Gadd is self ‘n kunstenaar en weet hoe moeilik dit is om jouself as kunstenaar te bemark en seker te maak dat jou kunswerke by die regte galery uitkom, waar jy verseker kan wees van ‘n mark wat in jou werk sal belangstel.
Haar wenke begin met hoe jy moet dink oor jou werk en jouself om jouself as professioneel te kan bestempel. Dan neem sy mens stap vir stap deur die roete van hoe om by jou eindbestemming te kom - om geld te verdien. Sy wys duidelik die slaggate uit en haar hele aanslag is prakties. Dis beslis ‘n boek wat enige potensiële kunstenaar behoort te lees, veral as jy nie weet waar om te begin nie.
Die belangrikste ding van die hele proses is dat jy natuurlik ook talent moet hê!
Die boek is beskikbaar by toonaangewende boekwinkels, maar kan ook bestel word by orders@blueweaver.co.za. Vir meer oor Ann Gadd self en haar kunswerke, besoek www.artforewe.co.za
 From: http://www.sarie.com/lees/artikels/doen-iets-nuut Feb 2011

No comments:

Post a Comment